Iga Swiatek is Amerikaanse Ope-kampioen

Tennis: Die Poolse speler Iga Swiatek het die Tunisiese ster, Ons Jabeur, gisteraand in skoon stelle in die Amerikaanse Ope se vroue-enkelspel-eindstryd op Flushing Meadows, New York, geklop. Dit is Swiatek se derde Grand Slam-titel van haar loopbaan. Sy is steeds die wêreld se nommer-een-speler met haar oorwinning van 6-2, 7-6 oor Jabeur. Die Tunisiër is vyfde op die wêreldranglys, maar sy sal na verwagting na die nommer twee posisie opskuif wanneer die nuwe ranglys bekend gemaak word. Die Spanjaard Carlos Alcaraz speel in die mans-eindstryd teen Casper Ruud van Noorweë. Dit is albei se eerste Grand Slam-eindstryd. Wie ook al wen, sal die wêreld se nuwe nommer een wees.