Sarel de Waal vir skadevergoeding gedagvaar

Die werker wat in Januarie 2020 in ‘n winkel op Gobabis aangerand is, dagvaar vir Sarel de Waal en sy werkgewer, Omaheke MegaSave, vir skadevergoeding. Samuel Afrikaner is op 20 Januarie 2020 in die winkel volgens sy eis voor die hof deur De Waal geklap en met die vuis geslaan. Hy dagvaar hulle vir N$300 000 doller fisieke en emosionele pyn en lyding, ongemak, trauma, sielkundige skade en verlies van sy eer en reputasie. Die kringtelevisiemateriaal van die voorval is wyd op sosiale media gedeel. Norman Tjombe is Afrikaner se regsverteenwoordiger en Regter Boas Usiku verhoor die saak. Die eis word teengestaan. Usiku het beslis dat verskeie stukke van die partye ingedien moet word en die saak is tot 23 Junie uitgestel vir ‘n statusverhoor.