Privaatsektor moet saam met regering werk – kenner

Die Namibiese Minister van Handel Lucia Iipumbu sê die regering glo dat samewerking met die privaatsektor die ekonomie kan laat herleef. Maar, daar is kenners wat meen die privaatsektor het geen vertroue meer in die regering nie. Die Dekaan in die Ekonomiese Fakulteit by Unam, Dr Jacob Nyambe sê beide partye is krities vir ontwikkeling en ekonomiese herstel.