SA tafeldruiwe presteer in China

Suid-Afrika se reeks hoëgehalte-tafeldruiwe was die afgelope paar maande in die kollig op die Chinese mark danksy die bemarking van die Suid-Afrikaanse tafeldruif-bedryf en voorste Chinese invoerders en kleinhandelaars. Hierdie sukses is onlangs gevier met ‘n geleentheid wat die invoerder, Joywoo, en verspreider Yibo by die Sjanghai Huizhan-groothandelmark vir vrugte en groente aangebied het. Die vrugte het sedert 2014 toegang tot die Chinese mark. Die advertensieveldtog het promosies, handelsadvertensies en advertensie-toere ingesluit.