SARB sê vandag oor buurland se rentekoers

Die meeste Suid-Afrikaanse ekonome verwag ‘n verdere verhoging van 75 basispunte in die rentekoers wanneer die Suid-Afrikaanse Reserwebank vandag sy rentekoers-besluit bekend maak. Selfs met verbruikersprys-inflasie wat in Augustus effens verlangsaam het tot 7,6 persent van Julie se hoogtepunt van 7,8 persent, meen ekonome dat die Reserwebank steeds rentekoerse sal verhoog. Dit sal die tweede agtereenvolgende keer wees dat die Resewerbank rentekoerse met so ‘n enkele groot sprong verhoog. Die repokoers is in Julie met 75 basispunte tot 5,5 persent verhoog.