Geingob sê VN moet vredesproses in Oos-Europa lei

President Hage Geingob het die Algemene Vergadering by die Verenigde Nasies in New York toegespreek. Terwyl hy melding gemaak het van verskeie aspekte, wat die opheffing van sanksies teen Kuba en Zimbabwe sowel as vryheid vir Palestina insluit aangespreek het, het hy ook, nes al die ander leiers melding gemaak van die konflik in Oos-Europa en hoe dit Namibië raak. Hy sê die VN moet die dialoog om vrede te herstel, lei.