New York bring siviele saak teen Trump en kie

New York se prokureur-generaal, Letitia James, het ‘n saak van beweerde sakebedrog teen oudpresident Donald Trump en drie van sy kinders aanhangig gemaak. James beskuldig die Trump-organisasie dat die oudpresident se netto waarde met miljarde dollar oordryf is en dat leners en ander met vals en misleidende finansiële state bedrieg is. Sy sê hulle het bevind dat Trump, sy kinders en die korporasie meer as 200 vals batewaardasies oor ‘n tydperk van tien jaar gebruik het. Sy bestuurshoof, Allen Weisselberg het onder eed erken die Trump se New York woonstel op 33 000 vierkante voet gewaardeer is terwyl dit net 11 000 vierkante voet groot was.