SARB eis inligting oor Cyril se dollars in sy meubels

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het President Cyril Ramaphosa tot volgende Donderdag tyd gegee om inligting te verskaf oor die buitelandse valuta wat op sy Phala Phala-plaas in Limpopo gesteel is sodat die voorval deeglik ondersoek kan word. Die bank se departement vir finansiële toesig ondersoek bewerings deur die voormalige hoof van die Staatsveiligheidsagentskap, Arthur Fraser, dat buitelandse geld wat nie verklaar is nie, in ‘n meubelstuk op die plaas gevind is. Ramaphosa het vroeër gesê die kontant wat op sy plaas gesteel is, was die opbrengs uit die verkoop van diere. Dawie Klopper ‘n ekonoom in die buurland het met Kosmos 94.1 Nuus oor moontlike stappe wat die bank teen Ramaphosa kan neem.