Krag te duur, tiendes te min, bisdom skaal dienste af

Stygende energiekostes en ‘n tekort aan priesters het ‘n Nederlandse Rooms-Katolieke Bisdom gedryf om dienste in sommige kerke te verminder. Die suidelike bisdom Roermond, wat toesig hou oor sowat 290 kerke in die provinsie Limburg, het aan sy gemeentes geskryf om sommige aan te moedig om periodiek dienste oor te slaan. Die bisdom sê nie net is kerkgangers min nie, hulle tiendes is ook uiters laag op ongeveer 1 euro, wat nie die ligte aanhou nie.