SARA verwelkom onafhanklike kandidate vir ’24

Die leier van die South African Rainbow Alliance, Colleen Makhubele, moedig onafhanklike kandidate wat aan volgende jaar se algemene verkiesing deelneem, aan om daarop te fokus om die leiding in kiesafdelings te neem. Sowat 400 politieke partye gaan om leiersposisies meeding en die Konstitusionele Hof het bepaal dat onafhanklike kandidate slegs ‘n duisend handtekeninge benodig om op stembriewe te verskyn. Makhubele sê die insluiting van onafhanklike kandidate by die verkiesing is ‘n positiewe ontwikkeling en moet gevier word: