Kosmos se Dash-span vorder goed

Die 19de Nedbank Desert Dash vind die naweek plaas, waarin 397 kilometer na die kus op fietse afgelê moet word binne 24 uur. Meer as 1 000 fietsryers het hiervoor ingeskryf, asook 38 fietsryers bo die ouderdom van 50 wat aan die nuwe halwe-Dash sal deelneem. Kosmos 94.1 Nuus het by die Kosmos-span van vier, Servaas Tap, Danie Small, Christo le Roux en Hennie Horn gaan inloer om uit te vind hoe hul voorbereiding vir die uitmergelende bergfietsren vorder. Small sê hulle is almal opgewonde, maar ook super dankbaar.