SAPS berei voor vir moontlike nuwe onluste

Die Suid-Afrikaanse polisie berei volgens berigte voor vir aanvalle op wetstoepassers en infrastruktuur wat Suid-Afrika onregeerbaar sal maak. Daar word berig dat intelligensie-amptenare het ‘n dokument bekom waarin ‘n nuwe plan van die aanhitsers agter die onrus in KwaZulu-Natal and Gauteng uiteengesit word. Volgens die nuwe dokument word aanvalle op polisiestasies en militêre basisse beplan vir die 23ste van hierdie maand. Dis glo deel van die veldtog #RamaphosaShutDown.