Lasbrief vir Gaddafi se seun vir Russies huursoldate

Aanklaers in Libië het ‘n lasbrief vir Saif al-Islam Gaddafi, die seun van die ontslape Libiese leier Muammar Gaddafi, uitgereik, oor vermeende bande met Russiese huursoldate. Die BBC se ondersoek het dit aan die lig gebring. Russiese soldate het in 2019 in Libië hulle opwagting gemaak toe hulle by Khalifa Haftar, wat teen owerhede in die land baklei, aangesluit het. Hulle het deel gevorm van die Russiese paramilitêre groep Wagner wat in Libië bedrywig is. Die groep word beskuldig van verskeie menseregte vergrype. Libiese owerhede sê Gaddafi het bande met die groep en die huursoldate.