Sappi help met waterbronne in KZN

Sappi en die Wêreldnatuurfonds in Suid-Afrika werk saam om watersekerheid in die uMkhomazi-opvanggebied in KwaZulu-Natal te verbeter. ‘n Projekbestuurder van Sappi, Krelayne Andrews, sê dit is ‘n bestuursooreenkoms van twee jaar. Hulle gaan as vennote met die die plaaslike gemeenskappe en owerhede beraadslaag om op die verantwoordelike bestuur van waterbronne te fokus. Andrews sê dit is ‘n deel van hulle oproep om gesamentlik die impak van die wêreldwye tekstielbedryf op waterbronne te verbeter: