Student wat N$14m in plaas van N$1 400 ontvang het, weer in die hof

Die verhoor van ‘n gewese Oos-Kaapse student wat beskuldig word van die diefstal van geld van die buurland se studente-hulpskema NSFAS, word vandag in die Streekhof in Oos-Londen hervat. Sibongile Mani het in Junie 2017 per ongeluk 14 miljoen Suid-Afrikaanse rand in haar studierekening ontvang terwyl sy aan die Walter Sisulu-universiteit studeer het. Sy het na bewering 800 000 daarvan bestee terwyl sy net op 1 400 geregtig was. Mani is tans uit op borgtog.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *