Versigtig vir vierde vlaag in Gauteng

Die Gautengse provinsiale bevelsraad sê hoewel die aantal nuwe Covid-19-besmettings bestendig bly, is die gevaar van ‘n vierde vlaag steeds hoog. Die aantal nuwe positiewe gevalle daal steeds en is nou op nagenoeg ‘n duisend, terwyl daar tydens die tweede en derde vlaag tussen twee- en drie-duisend aktiewe gevalle was. Premier David Makhura sê sake by die Covid-19-inentingslokale oor die hele provinsie verloop glad: