WGO: Gevalle van Omikron-variant is matig

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê dit lyk asof die meeste gevalle van die Covid-19 Omikron-variant matig is, en daar is geen bewyse die entstowwe is minder doeltreffend daarteen nie. Die WGO het ingestem sommige mutasies van die virus kan makliker oorgedra word as ander. Hy waarsku teen ‘n algemene reisverbod en sê dit sal nie help om die verspreiding van Omikron te voorkom nie. Die Skotse gesondheidskenner Neil Ferguson sê meer inligting oor die variant behoort teen die einde van die maand beskikbaar te wees.