SAPD werk saam met rolspelers om onwettige myne te sluit

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê hulle werk saam met die Departement van Minerale Bronne en Energie om oop mynskagte wat onwettig gemyn word, toe te maak. Hy het Stilfontein in Noordwes besoek nadat 20 vermeende onwettige mynwerkers Maandag vasgetrek en beslag gelê is op 24 vuurwapens tydens ‘n klopjag deur die polisie en die Valke. Cele sê onwettige mynbedrywighede kan net bekamp word deur met ander rolspelers saam te werk.