Kietsie spin jou kalm, met een klik

‘n Webwerf het ‘n kunsmatige katspin-enjin ontwikkel wat veranderbare klanke van ‘n kat wat spin kan voortbring om jou en jou kat te kalmeer in onrustige tye. Daar word berig besoekers aan die webwerf kan die spingeluid begin speel en dan die glybalkies gebruik om die klank aan te pas na spelerig en opgewonde, of na ‘n slaperige, asemrige  spingeluid. Volgens die webwerf, Purrli.com, is die klank van ‘n kat wat spin een van die vertroostendste klanke wat jou kan help kalmeer wanneer jy gespanne is. Toetse het ook reeds getoon dat die klank van ‘n kat wat spin beendigtheid van verbeter.