SAPD stel tugstappe in teen dansende konstabel

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se bestuur het interne tugstappe ingestel teen ‘n polisiekonstabel wat Saterdag afgeneem is terwyl hy in sy uniform by ‘n sokkerwedstryd op die Orlando-stadion dans. Die lid wat verbonde is aan die snelspoor-eenheid was onder die invloed van alkohol toe hy op die sokkerveld gedans het om toeskouers te vermaak. Die polisie se woordvoerder, Athlenda Mathe, sê hulle sal nie huiwer om op te tree teen hulle eie lede wat die wet oortree nie.