Nampol: Sewe kinders verkrag

Ses meisies en ‘n 15-jarige seun is volgens die weeklikse misdaadverslag van die Namibiese polisie verkrag. Die jongste verkragtingslagoffer is ’n tweejarige meisie. Die verdagte is ’n 21-jarige man. Hy is reeds in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die landdroshof op Ondangwa verskyn.  ’n Vierjarige meisie is glo in die informele nedersetting Kakoro in die Kavango-Wes-streek deur ’n 22-jarige familielid verkrag. Hy is in hegtenis geneem. By Nkurenkuru is ‘n negejarige meisie  glo herhaaldelik deur ‘n 53-jarige man verkrag. Die verdagte het op die vlug geslaan en is nog nie in hegtenis geneem nie. Die ander drie verkragtingslagoffers is 14, 16 en 17 jaar oud.