SAPD se onregmatige besteding op met 350%

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het in die 2021/2022-boekjaar 86 bevestigde gevalle van onregmatige uitgawes aangeteken. Dit is ‘n toename van 352 persent teenoor die 19 gevalle in die vorige boekjaar. Die polisiebestuur het tydens ‘n inligtingsessie aan die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie gesê voorvalle van vrugtelose en verkwistende uitgawes het met 191 persent toegeneem. In die 2021/2022-boekjaar is 105 voorvalle aangemeld teenoor 36 in die vorige jaar. Hy voeg by die meeste van die 105 gevalle is rentebetalings vir eise teen die staat en boetes op lisensiegeld.