Sentrale stelsel vir behuising van stapel gestuur

Die Namibiese Behuisingsinligtingstelsel die deur die Namibiese Statistieke-agentskap en die ministerie van stedelike ontwikkeling van stapel gestuur. Die gesentraliseerde stelsel sal alle behuisingsinligting in die land hê, soos verskaf deur onder andere streeksrade en plaaslike owerhede, om beleidmakers te lei. Die stelsel bevat behuisingsbehoeftes per lokaliteit, wat gratis monitering moontlik maak. Die agentskap se statistikus-generaal, Alex Shimuafeni, sê ongekoördineerde statistieke het data-insameling moeilik en onbetroubaar gemaak.