Hongersnood neem in Afrika toe

Die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies vrees dekades se pogings om hongersnood in Afrika te verminder word omgekeer. Van die redes hiervoor is konflikte, die klimaatskrisis, die uitwerking van die Covid-pandemie en die wêreldwye ekonomiese agteruitgang. Syfers van die VN dui aan ongeveer ‘n vyfde van die bevolking van Afrika – of sowat 278 miljoen mense – het in 2021 honger gely. Die getal sal na verwagting teen 2030 toeneem tot 310 miljoen.