SAPD-lede se inenting verloop goed

Die Suid-Afrikaanse polisiediens het 3 500 polisielede en ondersteuningspersoneel by die Orlando-stadion in Soweto en die SAPD se Tshwane-akademie vrywillig laat inent op die derde dag van die nasionale Covid-inentingsprogram. Die provinsiale veldtog het vandag in sewe provinsies afgeskop en duur tot die eerste week van volgende maand. ‘n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die meeste ingeënte lede is op die oomblik van Gauteng, maar die provinsie en Kwa-Zulu Natal begin môre met hulle aparte veldtogte.