Begrafnisondernemers in Wes-Kaap moet genoeg doodskiste bestel

Die Undertakers United Front in die Wes-Kaap sê hy het voorsiening gemaak dat die provinsie genoeg doodskiste beskikbaar sal hê tydens die derde Covid-vlaag wat die provinsie tans teister. Hy sê meer kiste is bestel en sal na verwagting volgende week ontvang word. Die organisasie het klein begrafnisondernemers aangeraai om seker te maak hulle het genoeg doodskiste omdat daar tydens die tweede vlaag in Desember ‘n tekort was in die provinsie. Daar is tans byna 25 000 aktiewe Covid-19-gevalle in die Wes-Kaap.