SAOG-ministers van water, energie vergader

Die ministers vir water en energie vergader op 4 November in Kinshasa in die DRK. Om dit vooraf te gaan is daar ‘n werkswinkel wat vandag begin het en op 3 November ten einde loop, waar alle ondersteunende dokumentasie voorberei sal word. Energie en water is die dryfvere agter ekonomiese groei en is baie belangrik om die streek se samwerking te bevorder, soos die petroleum-ekonoom in die Namibiese ministerie van myne en energie Abednego Ekandjo verduidelik.