Daar’s niks onmededingend aan pensioenfondse nie

Die Namibiese mededingingskommissie se ondersoek het bevind dat die mark in verband met administrateur van pensioenfondse inderdaad een is wat as ‘n oligopolistiese mark beskou kan word. Opsigself is dit nie ‘n slegte ding nie  omdat dit verwys na ‘n markstruktuur waarin ‘n klein aantal firmas die groot meerderheid van die markaandeel het, in teenstelling met ‘n monopolie waar een firma die mark behou. ‘n Oligopolistiese mark lei egter nie tot die uitsluiting van mededinging nie. Die kommissie se bevindings is dat nie een fondse die betrokke artikels van die Mededingingswet oortree het nie. Dit is te danke aan die bevinding dat die administrateurs met dieselfde gemeenskaplike doel werk. As gevolg van hierdie bevinding is die kommissie van mening dat, die beste uitslag bereik sal word deur direkte regulatoriese ingryping deur die bedryfsreguleerde, Namfisa, indien nodig.