SAOG herdenk eerste bevrydingsdag

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingstreek herdenk vandag die eerste Suider-Afrika-bevrydingsdag. Die dorpie Cuito Cuanavale met ongeveer 95 000 inwoners in die provinsie Cuando Cubango in die suidelike deel van Angola, was 32 jaar gelede die episentrum van een van die felste konvensionele veldslae van die Afrika-geskiedenis naas die Tweede Wêreldoorlog. Die herdenking word vanjaar in Namibië gehou en sal vanoggend om tien-uur by die Onafhanklikheids-gedenkmuseum in Windhoek plaasvind. Die skakelbeampte in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, Sem Shino, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.