Weste oorweeg Russiese lidmaatskap van G20

Amerika en sy Westerse bondgenote oorweeg volgens berigte of Rusland moet aanbly in die Groep van Twintig of G20-groepering van groot ekonomieë ná sy inval in Oekraïne. President Joe Biden beplan om nuwe sanksies teen Rusland aan te kondig terwyl hy môre in Brussel is vir samesprekings met die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie en Europese bondgenote. Die Withuis se veiligheidsraadgewer, Jake Sullivan, sê dinge kan nie soos normaal voortgaan vir Rusland in internasionale instellings en die internasionale gemeenskap nie: