Etosha se bronne, wurms ingesluit, nie vir openbare gebruik nie

Die Namibiese omgewingsministerie het gemeenskappe langs die Etosha Nasionale Park gewaarsku om nie mopaniewurms in die park te oes nie, want dit is onwettig, volgens die adjunkdirekteur van wildlewe en parke, Marthin Kasaona. Hy het in ‘n mediaverklaring ook gemeenskappe versoek om hul hulp en ondersteuning aan lede van die Namibiese polisie en weermag en wildbeskermingsdienste te gee wat ontplooi is langs die grense van die Etosha Nasionale Park. Mopaniewurms is ‘n belangrike bron van proteïene en vorm ook deel van die kultuur van gemeenskappe wat in omgewings bly waar mopaniebome voorkom.