SANParke moet Overberg-brand ondersoek

Die Suid-Afrikaanse minister van omgewing, Barbara Creecy, het SANParke gevra om die veldbrande by Kleinmond in die Overberg in die Wes-Kaap te ondersoek. Die brand het reeds aan die begin van die week ontstaan. Sy sê SANParke is genader omdat hy die interne vermoë het om ‘n ondersoek van hierdie aard te doen. Creecy sê sodra die verslag ontvang en verwerk is, sal die departement die bevindings en aanbevelings bekend maak: