Taiwan staak gevegsopleiding na nog ‘n F-16 val

Taiwan se gevegsopleiding met sy F-16-vloot is opgeskort nadat ‘n vegvliegtuig neergestort het. Die model wat onlangs opgradeer is, het in die see geval. Dit is die jongste in ‘n reeks ongelukke met dié vliegtuie. Volgens berigte sê die Taiwannese ministerie van verdediging die soektog na die vlieënier duur voort nadat ooggetuies gesien het hoe die vliegtuig tydens ‘n oefensessie neerstort. Dit volg nadat drie vegvliegtuie die afgelope paar jaar geval het – een in 2020 en twee verlede jaar.