Namibiese tronke het Covid onder beheer

Staatsgevangenisse wêreldwyd het rekordhoë Covid-gevalle aangemeld en die meeste verbied besoeke aan tronke. In Namibië is die besluit al lankal geneem om besoekers by gevangenisse te verbied en Covid-gevalle het gedaal. Sam Shaalulange van die Namibiese Korrektiewe Dienste sê die Covid-pandemie is onder beheer in Namibiese tronke.