DA hoop plaasmoordsaak word laaste keer uitgestel

Die DA in die Noord-Kaap sê daar moet nie enige verdere vertragings wees vir geregtigheid in die saak van ‘n 60-jarige boer wat in Januarie 2018 met ‘n mes op sy plaas in Jan Kempdorp doodgesteek is nie. Die langverwagte moordverhoor van Attie Jooste het uiteindelik in die Hooggeregshof in Kimberley begin. Reinette Liebenberg van die DA sê die saak sleep al vier jaar voort en die party is steeds bekommerd oor die vertragings in die saak en ander moordondersoeke: