SAN veroordeel onwettige G4S-staking

Die Sekuriteitsvereniging van Namibië veroordeel die onwettige staking deur sommige sekuriteitswerkers van die G4S-sekuriteitsmaatskappy, wat steeds by sommige van sy persele plaasvind. Die vereniging verwys na die staking wat deur ‘n politieke party beïnvloed word. Die vereniging wil hom ten sterkste distansieer van enige sulke stakings deur enige sekuriteitspersoneel. Die NEFF-kommissaris Michael Amushelelo, is vanoggend deur bestuur van die perseel in die Eros-woonbuurt in die hoofstad die deur gewys. Amushelelo sê hy kan nie aan die vreedsame protesoptog deelneem nie, want die regime het opdrag aan die polisie gegee om hom in hegtenis te neem. Die G4S-sekuriteitswerkers eis salarisverhogings. Die vereniging se kantooradministrateur, Celeste Lucas gesels met Kosmos 94.1 Nuus.