Zuma-korrupsieverhoor uitgestel tot Woensdag

Regter Piet Koen sal Woensdag aandui hoe die korrupsieverhoor van Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma gaan verloop. Die Konstitusionele Hof moet nog besluit oor Zuma se jongste poging om te appelleer teen Koen se afwysing van sy spesiale pleit vir die verwydering van Billy Downer as sy aanklaer. Zuma se regsverteenwoordigers het aangevoer Downer moet op etiese gronde afstaan. Downer meen egter die verhoor moet voortgaan met hom as aanklaer. Koen sal nou die betoë oorweeg.