Samewerking-ooreenkomste met Japan onderteken

Namibië het twee Memorandums van Verstandhouding met Japannese firmas op die gebied van olie en gas, en sintetiese brandstof onderteken. Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, Obeth Kandjoze, het die aankondiging gemaak. Hy sê die Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad het die ooreenkoms met Japan se Mizuho Bank en Mizuho Sekuriteite onderteken om saam te werk aan die toekoms van sintetiese brandstof. Daar is ook ‘n ooreenkoms met Japan Oil, Gas and Metals National Corporation aangegaan oor samewerking in die ontwikkeling van die kritieke minerale hulpbronne en olie en gas.