Mbumba se vleiende aanmerking oor Geingob is verkeerd

Reaksie word ontvang op aanmerkings deur die vise-president Nangolo Mbumba tydens die Heldedag-herdenking op Mariental. Mbumba, wat President Hage Geingob moes voorstel het hom beskryf as ‘die een wat vir almal in die land huise bou’. Dit is bekend dat daar ‘n agterstand van 300 000 huise in die land is met 900 000 Namibiërs wat in informele nedersettings woon. Die nasionale voorsitter van die Independent Patriots for Change, Brian Black, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.