Samesprekings oor repatriasie van Oekraïnse kindersJuly 20, 2023

Saoedi-Arabië en Turkye voer samesprekings oor die repatriasie van duisende Oekraïnse kinders wat sedert Rusland se inval na Moskou geneem is. ‘n Bron het ‘n berig in die Financial Times bevestig dat Saoedi-Arabië en Turkye ‘n ooreenkoms probeer bewerkstellig oor die kinders wat na kinderhuise in Rusland geneem is óf deur Russiese gesinne aangeneem is. Oekraïne sê Rusland het die kinders ontvoer, maar Rusland ontken dit en sê hulle het die kinders uit die gebied verwyder vir hul eie veiligheid.