Sama vra beskerming vir medici

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, Sama, het ‘n dringende beroep op die departement van gesondheid, die polisie en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gedoen om die veiligheid en sekerheid van dokters en ander gesondheidswerkers te waarborg tydens die uitvoer van hul pligte in gebiede wat deur die onlangse versetoptrede geraak word. Sama sê daar moet dringend aandag gegee word aan die verskaffing van basiese dienste soos water, krag en mediese gas aan gesondheidsinstellings om te verseker dat ‘n volhoubare diens aan pasiënte gelewer word.