NDF en inenting – minister sê veldtog word ontwikkel

Die amptelike bekendstelling van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se Covid-inentingsveldtog is uitgestel weens tegniese uitdagings. ‘n Woordvoerder van die weermag, Siphiwe Dlamini, het bevestig dat ten spyte van die uitstel van die bekendstelling, daar voortgegaan word met die inenting van lede in ander gebiede. Daar is 16 inentingspersele regoor die buurland waar lede in uniform, burgerlikes en uitgebreide lede van die militêre gemeenskap ingeënt kan word. Die Namibiese minister van verdediging Frans Kapofi , het egter gesê dat hulle tans besig is met so ‘n reëling in Namibië. Kapofi het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.