SAMA sê dokters brand uit

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het ‘n beroep op die regering gedoen om aandag te gee aan die hoë vlakke van uitbranding onder dokters en ander mediese personeel. SAMA sê hospitale sukkel om tred te hou met die toestroming van pasiënte weens ernstige personeeltekorte. Ingryping vanaf beide die nasionale en provinsiale regering is gevra. SAMA sê in ‘n verklaring dit is onaanvaarbaar dat gekwalifiseerde mediese personeel werkloos is terwyl dokters wat tans werk liggaamlik en geestelik uitgeput is.