Action SA stel regstappe teen Ramaphosa in

ActionSA sê hy gaan regstappe instel teen President Cyril Ramaphosa, die minister van Polisie Bheki Cele, en ministers in die veiligheidsgroepering. Dit volg ná die verwoesting van eiendom en wydverspreide plundery in Gauteng en KwaZulu-Natal. ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê die regering het nie behoorlike wetstoepassing voorsien om lewens, sakeondernemings en eiendom te beskerm nie.