Informele handelaars verloor inkomste weens oproer

Die South African Informal Traders Alliance sê honderde informele handelaars het enige hoop op inkomste verloor te midde van die voortslepende oproer en plundery. Die alliansie doen ‘n beroep op die regering om sy belofte van geldelike hulp aan die informele sektor na te kom en die aanvanklike bedrag tot een-duisend-rand per persoon per maand te verhoog solank die inperking duur. Hy waarsku die regering ook teen verhogings in die pryse van noodsaaklike voedselsoorte in die komende maande. Die alliansie doen ook ‘n beroep op sy lede om nie by onwettighede betrokke te raak nie.