Salarisonderhandelings op ‘n dooiepunt – Transnet

Transnet in Suid-Afrika het ‘n dooiepunt in salarisonderhandelings aangekondig. Die instelling sê ‘n salarisgeskil is amptelik verklaar met die vakbonde Satawu en Unta nadat die onderhandelings vasgeval het. Die vakbonde het die aanbod van ‘n verhoging van 1,5 persent van die hand gewys, wat mediese en behuisings-toelaes uitsluit. Die vakbonde eis 12 persent. Satawu sê die dooiepunt kan tot ‘n staking lei.