Moderna dagvaar Pfizere oor mRNA-tegnologie

Moderna het aangekondig hy dagvaar sy mededingers met die vervaardiging van entstof, Pfizer en BioNTech.  Die onderneming beweer die twee vennote het inbreuk gemaak op sy patente met die ontwikkeling van hul Covid-19-spuit wat aan honderde-miljoene mense regoor die wêreld toegedien is. Die VSA-gebaseerde Pfizer sê hy het nog nie die regsgeding ontvang nie, terwyl die Duitse BioNTech nie kommentaar oor die aangeleentheid gelewer het nie.