Salaris-ooreenkoms in vervoerbedryf in SA verwelkom

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde het die salarisverhoging van 8,5 persent verwelkom wat die metaalwerkersvakbond Numsa in die voertuigbedryf beding het. Dit is nie net meer as die inflasiekoers nie, maar bring die totale salarisverhogings na drie jaar op 22,5 persent te staan. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die stygende lewenskoste wat deur inflasie en stygende rentekoerse vererger word, dwing werkers om vir salarisverhogings te baklei: