Dodetal na Russiese vegvliegtuig val, styg na 13

Die dodetal nadat ‘n Russiese militêre vliegtuig gister op ‘n woongebou in Yeysk in die suidweste van Rusland neergestort het, het tot 13 gestyg. Dit sluit drie kinders in. Die vliegtuig het neergestort nadat een van sy enjins aan die brand geslaan het kort nadat dit by die nabygeleë Yuzhny-lugmagbasis opgestyg het. Negentien mense is beseer en 68 is uit die brandende gebou van nege verdiepings gered. Die ongeluk het op dieselfde dag gebeur wat Rusland met volgehoue lugaanvalle op Kiëf en ander Oekraïnse stede losgebrand het.