Ramaphosa sleep sy voete met Hlophe se skorsing

Die DA sê dit is ‘n jammerte dat President Cyril Ramaphosa steeds voete sleep oor die skorsing van die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe. Hy was vroeër die week deel van ʼn paneel van die Regterlike Dienskommissie wat kandidate vir die Wes-Kaapse Hooggeregshof oorweeg het, ondanks die feit dat sy gedragskomitee hom aan growwe wangedrag skuldig bevind het. Glynnis Breytenbach van die DA sê deur deel te wees van hierdie onderhoude, oefen Hlophe steeds enorme invloed oor die regbank uit: